"Ek wens jou geluk met jou goeie kommunikasie en ondervinding met mense, want jy neem fyn waar watter karakter en kwalifikasie aansoeker by ons maatskappy, AHG Health inpas. U gee ook altyd in u proses vir ons die regte riglyn hoe om daardie applikant te hanteer om sodoende die beste kwaliteit van die kandidaat na vore te bring. Min het hierdie aanleg en kuns en ons is so bevoorreg dat jy dit alles vir ons kan bring.
Nie net dit nie doen jy altyd alles met die grootste glimlag, maar bly kalm en in beheer met geen stres sigbaar. Die hele pakket verras ons altyd met hoogste kwaliteit en etik van u werk.
Dit spaar ons geweldige moeite en kosbare tyd in die proses van personeel aanstellings.
Dankie vir alles Alana!! Bou so voort."
Sonja Nieuwoudt, Human Resources at AHG Health